Skooltye
Die skool begin daagliks vir Gr.1 – Gr.7 07:25 tot 13:30
Daar is daagliks 2 pouses.
Skoollied
Getrou in werk en wandel
ook aan volk en taal
en met die oog na Bo gerig:
dit is ons ideaal.
In hoof en hart en hand,
in gees en in elke spier.
Wil ons, ons dan ook diensbaar maak
Ons leuse: WEES FIER!
Skoolkwartale
SKOOLKWARTALE 2019 | |
1ste Kwartaal | 9 Januarie tot 15 Maart (48 dae) |
2de Kwartaal | 2 April tot 14 Junie (51 dae) |
3de Kwartaal | 9 Julie tot 20 September (53 dae) |
4de Kwartaal | 1 Oktober tot 4 Desember (47 dae) |
Totaal 199 dae | |
PUBLIEKE- EN SKOOLVAKANSIEDAE | |
01 Januarie | Nuwejaarsdag |
21 Maart | Menseregtedag |
19 April | Goeie Vrydag |
22 April | Gesinsdag |
27 April | Vryheidsdag |
01 Mei | Werkersdag |
16 Junie | Jeugdag |
17 Junie | Publieke vakansiedag |
09 Augustus | Nasionale Vrouedag |
23 September | Skoolvakansiedag |
24 September | Erfenisdag |
16 Desember | Versoeningsdag |
25 Desember | Kersdag |
26 Desember | Welwillendheidsdag |
Skoolfonds
KENNISGEWING AAN OUERS – 2019 SKOOLGELD
Op die jaarlikse ouer- en begrotingsvergadering van Maandag 29 Oktober 2018, waarheen alle ouers uitgenooi is, is daar eenparig ‘n besluit wat die 2019 skoolgeld per leerling van Gr RRRR tot 7 vasstel.
- Laerskool Menlopark Graad 1 tot 7
OPSIE 1 |
Skoolgeld – 11 gelyke paaiemente van R2262 pm |
R24882 pj |
|
● 7 Jan 2019: as die R750 registrasiegeld vir 2019 reeds in 2018 betaal is, is die Januarie paaiement slegs R1512, maar indien nie, is die Januarie paaiement R2262, ● paaiemente vanaf 7 Feb tot 7 Nov 2019 is 10 X R2262 |
|
OPSIE 2 |
Skoolgeld – 10 maande (1 x R2490pm) en (9 x R2488 pm) |
R24882 pj |
|
● 7 Jan 2019: as die R750 registrasiegeld vir 2019 reeds in 2018 betaal is, is die Januarie paaiement slegs R1740, maar indien nie, is die Januarie paaiement R2490, ● paaiemente vanaf 7 Feb tot 7 Okt 2019 is 9 X R2488 |
|
Volgens die SA Skolewet 84 van 1996 (SASA) mag die Beheerliggaam die skoolgeld hef en is die betaling daarvan afdwingbaar. Beide die biologiese vader en/of moeder waar van toepassing, enige voog, van elke leerling is, gesamentlik en afsonderlik, aanspreeklik vir die betaling van skoolgeld.
Ouers wat nie finansiëel in staat is om die skoolgeld te betaal nie, kan voor einde Februarie 2019 aansoek doen vir skoolgeldvrystelling (LW. Gr RRRR tot R is uitgesluit hierby).
Die nodige aansoekvorms is by die finansiële beampte beskikbaar en sal net oorweeg word as dit volledig voltooi is en die stawende bewyse daarby aangeheg is. Die voorgeskrewe wetlike reëls (SASA) sal dan gevolg word om die persentasie van vrystelling te bepaal, al dan nie.
Alle skoolgeld vir Gr 1 tot 7 leerlinge, is vooruitbetaalbaar en mag onder geen omstandighede agterstallig raak nie.
Die maandelikse paaiemente moet stiptelik voor of op die 7de van elke maand, geskied.
Die eerste betaling moet reeds voor of op 7 Januarie 2019 gemaak word.
Sodra ‘n rekening agterstallig word, word die volle uitstaande skoolgeld vir die skooljaar onmiddellik betaalbaar. Indien die agterstallige betaling nie geskied nie, sal die volle bedrag vir invordering aan die skool se invorderaars oorhandig word. Die ouers/voogde sal dan vir alle invorderingskoste, insluitende enige ander fooie aanspreeklik wees.
Betalings kan op die volgende wyse gedoen word:
- EFT
Laerskool Menlopark
ABSA Takkode 632005
Tjekrekening 540 540 020
Verwysing (skoolgeld) – Familiekode wat op die rekening verskyn en u Van
- d6 Cashless toepassing (app)
U kan ook skoolgeld en fondsinsamelings d.m.v. die “d6 toepassing” betaal, eerder as om self
die kontant of met ‘n debiet-/kredietkaart by die skool se kantoor te betaal.
- Debietorders
Aansoekvorms is by skool se kantoor beskikbaar of by M Meyer finansies@menlolaer.co.za
Ons poog om ‘n kontantvrye omgewing te skep.
Graad R en Parkieland Kleuterskool Graad RRRR tot RR
●Registrasiegeld van R750 is betaalbaar met inskrywing en dit vorm nie deel van die jaarlikse skoolgeld nie. Die R750 word eers in Januarie elke jaar op die skoolgeldrekening gehef. |
●Halfdag: R2435 pm per kleuter oor 11 maande vanaf 7 Jan tot 7 Nov 2019 (R26785 pj) |
●Voldag: R3764 pm per kleuter oor 11 maande vanaf 7 Jan tot 7 Nov 2019 (R41404 pj) |
Alle skoolgeld vir Gr RRRR tot R leerlinge, is vooruitbetaalbaar en mag onder geen omstandighede agterstallig raak nie.
Die maandelikse paaiemente moet stiptelik voor of op die 7de van elke maand, geskied.
Die eerste betaling moet reeds voor of op 7 Januarie 2019 gemaak word.
Daar kan ongelukkig nie uitstel vir betaling vir kleuters in Parkieland en Gr R verleen word nie. Sodra ‘n rekening agterstallig word, word die volle uitstaande skoolgeld soos op datum van nie-betaling, onmiddellik betaalbaar. Indien die betaling nie geskied nie, sal dié volle bedrag vir invordering aan die die skool se invorderaars oorhandig word. Die ouers/voogde sal dan vir alle invorderingskoste, insluitende enige ander fooie aanspreeklik wees.
Betalings kan op die volgende wyse gedoen word:
- EFT
Laerskool Menlopark
ABSA Takkode 632005
Tjekrekening 540 540 020
Verwysing (skoolgeld) – Familiekode wat op die rekening verskyn en u Van
- d6 Cashless toepassing (app)
U kan ook skoolgeld en fondsinsamelings d.m.v. die “d6 toepassing” betaal, eerder as om self
die kontant of met ‘n debiet-/kredietkaart by die skool se kantoor te betaal.
- Debietorders
Aansoekvorms is by skool se kantoor beskikbaar of by M Meyer finansies@menlolaer.co.za
Ons poog om ‘n kontantvrye omgewing te skep.
NASKOOL OP DIE SKOOLTERREIN
NASKOOLFOOIE VIR 2019
Lekkerbly Naskool is vir Graad 1 tot 7 leerlinge op die skoolterrein is uitgekontrakteer en word deur Irma Pauw bestuur.
Registrasiegeld van R360 is betaalbaar met inskrywing en vorm nie deel van die naskoolfooie nie. Inskrywingsvorms en verdere inligting is by Irma Pauw beskikbaar.
Maandelikse fooie : R1120 pm per leerling oor 11 maande vanaf 1 Jan tot 1 Nov 2019.
Die naskoolfooie is vooruit, voor of op die 7de van elke maand, betaalbaar.
Bankbesonderhede :
I Pauw
ABSA
Tjekrekening 2310610359
Takkode 632005
Verwysingsnommer – Leerling se naam, van en graad
Kontakbesonderhede: Irma Pauw
Selno: 0730353595 / 0833021581