Parkieland: (012) 460 1976   |   Laerskool: (012) 460 7201

  • V3 Banner 01
    HIER KRY ONS VLERKE…
  • V3 Banner 02
    WAAR ELKE KIND TEL…
  • V3 Banner 03
    WERK HARD, SPEEL LEKKER!
  • V3 Banner 04
    UITNEMENDHEID
  • V3 Banner 05
    ONS GEE OM!
  • V3 Banner 06
    WERK HARD, SPEEL LEKKER!
  • V3 Banner 07
    WAAR ELKE KIND TEL…

Ons skool spog met ‘n junior- en seniorkoor. Die kore neem deel aan die Super 12-koorkompetisie, Applous, Tshwane Jeugkunstefees en verskeie koorfeeste deur die jaar. Ons kore vaar baie goed. Ons het onder andere goud vir Applous gekry. Verskeie genres musiek word gedek. Dit is vir die kinders ‘n aangename ervaring en ‘n ongelooflike blootstelling om op verskeie spoggerige verhoë soos die Voortrekkermonument en Staatsteater op te tree. Ons kinders ontvang puik sangonderrig in die koor.

Oefentye:

Juniorkoor Maandae Woensdae 13:30 – 14:00 12:50 – 13:30
Seniorkoor Maandae Woensdae 17:30 – 18:00 (Alte) 13:45 – 15:00 (Soprane)

Kontakpersone:

Juniorkoor: Mev. Joanita Hamman Seniorkoor: Mev. Susan Coetzer

SENIOR KOOR

Liewe Nagtegaal Mammas en Pappas

Koor is verseker een van die aktiwiteite wat ‘n groot gemis was in 2020.  Daarom beplan ons om so gou as moontlik binne die Covid-19 regulasies met hierdie heerlike buitemuurse aktiwiteit voort te gaan.

Indien daar enige leerders is wat nog betrokke wil raak, kan hul Woensdag, 17 Februarie by juffrou Susan se klas aanmeld vir ‘n oudisie.  Oudisies sal in pouses en na skool geskied.

Daar sou ‘n koorkamp gewees het op 19 en 20 Februarie.  Dit word vir eers afgestel.

Wanneer ons oefen sal ons leerders se temperatuur meet, hande saniteer, afstand van 2m handhaaf en in kleiner groepies op ‘n slag werk.

“Let us go singing as far as we go: the road will be less tedious.”  

Virgil

Every expert was once a beginner.” “He who sings frightens away his ills.”

ONS ONDERSTEUN GRAAG

“Die organisasies betaal vir die advertensiespasie. Laerskool Menlopark distansieer hulle van enige opinies of gedrag wat deur die
adverteerders gehuldig mag word en teenstrydig is met die etos en kultuur van Laerskool Menlopark”

.