Dit is vir ons belangrik dat elke Menlo-maat sy/haar volle potensiaal op akademiese gebied sal ontwikkel en gebruik. Om te verseker dat al ons Menlo-maats hul vlerke wyd kan sprei, word die volgende leerlingondersteuning gebied:
- Leerders ontvang algemene ondersteuning deur middel van heronderrig en remediërende onderwys (RO).
- Leerders met meer spesifieke struikelblokke/agterstande word ondersteun deur die aanbieding van:
- Studiemetodekursusse
- Oorbruggingsklasse
- Eksamenhulp
- Ondersteunende leessentrum
Ons skool bied professionele terapeutiese dienste aan waarvan die kostes van die mediesefondse verhaalbaar is:
Arbeidsterapie: | Dalene Joubert |
Spraak- en taalterapie: | Coralié Vermaak |
Opvoedkundige sielkundige (Intern) | Almarié Jacobs |
Die skoolondersteuningspan (SOS) funksioneer vanuit ‘n aanmeldingsisteem en behaal groot sukses in samewerking met die terapeute van die skool.