Parkieland: (012) 460 1976   |   Laerskool: (012) 460 7201

  • V3 Banner 01
    HIER KRY ONS VLERKE…
  • V3 Banner 02
    WAAR ELKE KIND TEL…
  • V3 Banner 03
    WERK HARD, SPEEL LEKKER!
  • V3 Banner 04
    UITNEMENDHEID
  • V3 Banner 05
    ONS GEE OM!
  • V3 Banner 06
    WERK HARD, SPEEL LEKKER!
  • V3 Banner 07
    WAAR ELKE KIND TEL…

SKOOLDRAG – LEWERANSIER

Skool- en sportdrag kan by ons winkel, Bokkiedrag, aangekoop word. Dit verseker eenvormigheid en bied ‘n beter beeld vir die skool. Die leweransier verseker u van absolute kwaliteit wat die skool- en sportklere betref. Nuwe leerlinge kry drie weke geleentheid om skooldrag aan te skaf. Die winkel is geleë op die skoolgrond.

NAVRAE

Me Sandra de la Rouviere 012 460-7201

BOKKIEDRAG – TYE 

MAANDAG 07:00 – 09:00 & 13:00 – 14:00
DINSDAG 07:00 – 09:00 & 13:00 – 14:00
WOENSDAG 13:00 – 15:30
DONDERDAG 07:00 – 09:00 & 13:00 – 14:00
VRYDAG 07:00 – 09:00 & 12:00 – 13:00
TWEEDEHANDSE WINKEL
DONDERDAG 07:00 – 09:00 & 12:30 – 14:30
Indien Bokkiedrag gesluit is, doen asb. navrae by die skoolkantoor!

KLEREBANK

Die skool beskik oor ‘n klerebank waar ouers, indien hul dit sou verkies, skooldrag wat hul kinders ontgroei het, kan omruil vir ander kledingstukke. Goeie tweedehandse skooldrag kan ook hier gekoop word. Ouers is welkom om bruikbare skool- of sportdrag te skenk.


VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG

A. SKOOLDRAG: DOGTERS

SOMERSDRAG (eerste en vierde kwartaal)

  1. ROMP: Broekromp of romp in voorgeskrewe geruite materiaal.
    Die broekromp of romp moet nie minder as 10cm bokant die knie wees nie.
  2. HEMP: Voorgeskrewe bottelgroen gholfhemp
  3. SKOENE: Swart standaard skoolskoene met veters of bandjies
  4. KOUSE: Kort, wit sokkies of Parkiekouse

OPSIONEEL:

  1. Skoene en kouse is opsioneel
  2. Die bottelgroen en wit baadjie is opsioneel en kan op koue dae aangetrek word

WINTERSDRAG (tweede en derde kwartaal)

  1. SWEETPAK: Voorgeskrewe bottelgroen en wit baadjie en bottelgroen sweetpakbroek met wit en geel insetsel
  2. HEMP: Voorgeskrewe bottelgroen gholfhemp (langmou of kortmou)
  3. KOUSE: Kort wit kouse of Parkiekouse (Anderskleurige kouse of “secret socks” word nie toegelaat nie). Lang groen “tights”/”sykouse” mag ook gedra word
  4. TRUI: Voorgeskrewe bottelgroen langmou of moulose trui mag onder bottelgroen en wit baadjie gedra word. Mag nie alleen sonder baadjie gedra word nie
  5. SPORTHEMP: Voorgeskrewe bottelgroen en wit langmouhemp
    SKOENE: Oorwegend wit tekkies

FORMELE/VERPLIGTE DRAG VIR LEERDERRAAD

  1. ROMP: Broekromp of romp in voorgeskrewe geruite materiaal. Die broekromp of romp moet nie minder as 10 cm bokant die knie wees nie
  2. BAADJIE: Bottelgroen skoolbaadjie met skoolwapen (kan vir spesiale geleenthede by skool teen R50 per geleentheid gehuur word) Hoofleiers se baadjie kry koord om
  3. TRUI: Voorgeskrewe bottelgroen langmou of moulose trui. Somermaande mag leerderraad sonder formele baadjie met das en moulose trui kom. Wintermaande en alle formele optredes altyd met baadjie
  4. HEMP: Wit (kortmou of langmou) toeknoop-skoolhemp
  5. DAS: Bottelgroen das met skoolwapen
  6. SKOENE: Swart standaard skoolskoene met veters of bandjies
  7. KOUSE: Kort wit kouse of Parkiekouse gedurende somer
    Lang groen “tights”/”sykouse” – winter

HARE

  1. Hare mag nie gekleur of gejel word nie en sonstrepe mag nie ingesit word nie
  2. Lang hare moet vasgemaak of gevleg wees
  3. Lang kuiwe en los hare langs ore is onaanvaarbaar
  4. Korter hare wat oor die hemp se kraag hang, moet vasgemaak word
  5. Slegs wit- en bottelgroen linte is toelaatbaar
  6. Geen gejelde, uitspattige of vreemde haarstyle nie
  7. Knippies en rekkies mag swart, bruin, wit of groen wees. (Geen versiersels op knippies nie)

NAELS

  1. Kort naels
  2. Geen naellak word toegelaat nie, ook nie op tone nie.

JUWELE

  1. Slegs polshorlosies mag gedra word
  2. Geen armbande of kettings word toegelaat nie – slegs mediese kettings en/of bandjies mag gedra word
  3. Slegs seëlringe is toelaatbaar
  4. Oorringe: Slegs goue knoppies of standaard goue ringetjies mag gedra word en slegs een per oor in die onderste gaatjie
  5. Geen blink lipglans nie

ONS ONDERSTEUN GRAAG

“Die organisasies betaal vir die advertensiespasie. Laerskool Menlopark distansieer hulle van enige opinies of gedrag wat deur die
adverteerders gehuldig mag word en teenstrydig is met die etos en kultuur van Laerskool Menlopark”

.