Parkieland: (012) 460 1976   |   Laerskool: (012) 460 7201

  • V3 Banner 01
    HIER KRY ONS VLERKE…
  • V3 Banner 02
    WAAR ELKE KIND TEL…
  • V3 Banner 03
    WERK HARD, SPEEL LEKKER!
  • V3 Banner 04
    UITNEMENDHEID
  • V3 Banner 05
    ONS GEE OM!
  • V3 Banner 06
    WERK HARD, SPEEL LEKKER!
  • V3 Banner 07
    WAAR ELKE KIND TEL…

Algemeen

Atletiek by Laerskool Menlopark bestaan uit agt items naamlik:

  • Hoogspring
  • Verspring
  • Gewigstoot
  • Naellope
  • Hekkies
  • Middelafstande
  • Diskus
  • Spiesgooi

Byeenkomste

Ons neem aan ongeveer vier vriendskaplike byeenkomste en ‘n aflosbyeenkoms deel. Atlete neem ook aan ‘n Prestige 8- en “Cluster”-byeenkoms deel waartydens hulle vir die Distrikskampioenskappe kan kwalifiseer. Die eerste twee atlete in elke item by dié byeenkoms kwalifiseer om aan die Gauteng-kampioenskappe te gaan deelneem waar hulle verder kan kwalifiseer om Gauteng by die S.A. Kampioenskappe te verteenwoordig.

Atletiekspanne

Leerlinge word in katspanne ingedeel:

Leeus: vanne A – G (GEEL)
Luiperds: vanne H – P (GROEN)
Rooikatte: vanne R – Z (WIT)

Dit is baie belangrik dat leerlinge deelneem aan hulle items. Daar sal geen addisionele geleentheid gegee word om deel te neem of verdere uitdunne te hou nie. Uitdunne vind plaas op Woensdag 17/01 en Donderdag 18/01, tydens skooltyd. Slegs indien ‘n mediese sertifikaat gebring word, sal ‘n vergunning oorweeg word.

Tydens vriendskaplike byeenkomste neem slegs die top 4- atlete in die baan- en velditems plaas, met die uitsondering van middelafstande waar die top 6-atlete deelneem en 150m, 200m, 150mH en 200mH waar die top 2-atlete deelneem. Die Top 20-atletiekbyeenkoms, wat op 27/01 plaasvind, se spanlys moet reeds op Maandag, 22 Januarie deurgegee word aan die organiseerders, dus word daardie bepaling gemaak op grond van die huissport se uitslae.

Ons het in die verlede talle probleme ervaar met die kies van items vir die leerlinge. Baie leerlinge wil items verander nadat ons reeds items geallokeer het aan atlete. Daarom moedig ons leerlinge aan om te konsentreer op die items waarin hulle graag sou wou deelneem in hierdie seisoen. Dit maak beide organiseerders en atlete se taak makliker gedurende die seisoen.

Belangrike datums

Oefentye

Oefening word hoofsaaklik deur die personeel hanteer.
Oefening begin reeds op Maandag 22 Januarie. Oefentye sal as volg wees:

Maandae
13:30 – 14:00 (Jnr. naellope)
14:30 – 15:30 (Snr. naellope, verspring, diskus en spiesgooi)
14:30 – 15:40 (Middelafstande)
15:30 – 16:30 (Hekkies, gewigstoot, hoogspring)

Dinsdae
06:45 – 07:20 (Aflosse)
13:30 – 14:00 (Jnr. naellope)
14:00 – 15:00 ( Snr. naellope, verspring, diskus en spiesgooi)
14:00 – 15:10 (Middelafstande)
15:00 – 16:00 (Hekkies, gewigstoot, hoogspring)

Woensdae
06:30 – 07:05 (Middelafstande)
06:45 – 07:20 (Aflosse)
13:30 – 14:00 (Jnr. naellope)
15:00 – 15:45 (Snr. naellope, verspring, diskus en spiesgooi)
15:45 – 16:30 (Hekkies, gewigstoot, hoogspring)

Donderdae
06:45 – 07:20 (Aflosse) (oefening slegs as daar nie ‘n byeenkoms is nie)
14:00 – 15:00 (Snr. naellope, verspring, diskus en spiesgooi)
14:00 – 15:10 (Middelafstande)
15:00 – 16:00 (Hekkies, gewigstoot, hoogspring)

Organiseerders

Mnr Sybrand van Dyk en me. Corlia van Gass
Eposadres: sybrand.vandyk@menlolaer.co.za, cvangass@gmail.com

ONS ONDERSTEUN GRAAG

“Die organisasies betaal vir die advertensiespasie. Laerskool Menlopark distansieer hulle van enige opinies of gedrag wat deur die
adverteerders gehuldig mag word en teenstrydig is met die etos en kultuur van Laerskool Menlopark”

.