Landloop

Landloop en middelafstande (atletiek) funksioneer saam en vul mekaar aan. Die sport het die afgelope paar jaar gegroei tot so ‘n mate dat daar al in die verlede 12 atlete in die Gauteng-Noordspan ingesluit is.

Landloop is pret en enige leerling is welkom om deel te neem! Ons gaan ten minste een keer per week buite die skoolterrein oefen en verlang dus die ouer se skriftelike toestemming. ‘n Spesiale geleentheid vir die landloopatlete is die Super 12 – kompetisie wat te Rustenburg plaasvind. Atlete neem deel in vier spanne en hardloop in die bosveld! Oefenkursusse word deur professionele afrigters van tyd tot tyd aangebied. Meer inligting sal later deurgegee word oor ‘n moontlike vrywillige drafgroep. Reëls en inligting oor klubbyeenkomste wat vrywillig en individueel is, is by me Adia van der Watt beskikbaar. Die klubliga bied ‘n goeie basis vir die skoolliga. Atlete neem ook provinsiaal deel tydens die klubliga.

Oefentye:

Maandae: 14:00 – 15:20
Dinsdae: 14:00 – 15:00
Woensdae: 15:45 – 17:00
Donderdae: 14:00 – 14:45 (Rustige oefeninge)
Vrydae: Byeenkoms

Kontakbesonderhede:

Me. Adia Middel

landloop@menlolaer.co.za

Volgende aan die gebeur:

Prestasies: