Parkieland: (012) 460 1976   |   Laerskool: (012) 460 7201

  • V3 Banner 01
    HIER KRY ONS VLERKE…
  • V3 Banner 02
    WAAR ELKE KIND TEL…
  • V3 Banner 03
    WERK HARD, SPEEL LEKKER!
  • V3 Banner 04
    UITNEMENDHEID
  • V3 Banner 05
    ONS GEE OM!
  • V3 Banner 06
    WERK HARD, SPEEL LEKKER!
  • V3 Banner 07
    WAAR ELKE KIND TEL…

BULLETJIERUGBY

Bulletjierugby is ‘n ouergedrewe, buitemuurse aktiwiteit wat aangebied word by Laerskool Menlopark. Bulletjierugby is die skool se amptelike rugby-aktiwiteit vir Gr 0, 1 en 2 (o/6, o/7 en o/8).

Doelwitte

  • Om jong spelers aan rugby bloot te stel en ‘n liefde vir die sport te kweek,
  • Om basiese rugbyvaardighede te leer en vas te lê, bv. balhantering,
  • Om kinders die geleentheid te gee om aan ‘n spansport deel te neem,
  • Om persoonlike groei en ontwikkeling aan te moedig,
  • Om ouers te betrek by rugby, veral t.o.v afrigting.

‘n Inligtingsaand word in Februarie gehou. Ons moedig alle ouers aan om dit by te woon. Oefeninge begin middel Februarie met een oefening op ‘n Maandagaand. Gedurende die tweede kwartaal is daar ‘n tweede oefening op Woensdagaande.

Wedstryde word op Saterdae gespeel volgens die ‘rip’ reëls. Velcro word op swart LO-broeke gewerk waaraan die ‘rips’ vasgesit word, wat dan net deur die ander span se spelers afgetrek word. Wedstrydbepalings vir die jaar sal by die eerste oefening bevestig word.

Die skool bied elke jaar ‘n baie suksevolle Bulletjierugbydag aan wat fondse in samel vir die skool se rugby. Alle rugbyouers is by hierdie dag betrokke.

BELANGRIK: Maandag 4 Februarie 2019 Inligtingsaand – Bulletjie ouers 

Oefentye

Maandag 25 Februarie 2019 – Bulletjie oefening begin.

Eerste kwartaal – elke Maandag 17:30 Tweede kwartaal – elke Maandag en Woensdag 17:30

Datums van wedstryde

Saterdag 6 April 2019 – Midstream College

Saterdag 13 April 2019 – Villieria

Saterdag 27 April 2019 – MENLO BULLETJIEDAG

Saterdag 4 Mei 2019 – Anton van Wouw

Saterdag 11 Mei 2019 – BLOU BULLE LEARSKOLE BULLETJIE-DAG – TE MIDSTREAM RIDGE PRIMARY

Saterdag 18 Mei 2019 – Tygerpoort

Saterdag 1 Junie 2019 – Woodhil Bulletjiedag

Saterdag 8 Junie 2019 – LOFTUS Bulletjiesdag

🏉 Bulletjierugby 🏉

3 maklike stappe:

*Registreer u kind*

Doen dit asseblief elektronies op die skool se webtuiste.

Gaan na www.menlolaer.co.za > Aktiwiteite > Sport > Rugby of gebruik hierdie skakel:

https://goo.gl/forms/nHYhtf3ckXV3qpDL2

*Seisoenfooi*

R450 in skool se rekening

Verwysing: 600 Jaco Smit 1

*Bestel ‘n trui*

Doen dit asseblief elektronies op die skool se webtuiste.

Gaan na www.menlolaer.co.za > Aktiwiteite > Sport > Rugby of gebruik hierdie skakel:

https://goo.gl/forms/P0yPtqhQ4iiJSgMm1

*Truikoste*

R430 in skool se rekening

Verwysing: 601 Jaco Smit 1

*Koop ‘n broek*

ALLE bulletjies speel wedstryde en by oefeninge in ‘n swart rugbybroek met Velcro-strokies aan die kante

Die seisoenkalender is deel van die inligtingsbrief op die skool se webtuiste. Gaan na www.menlolaer.co.za > Aktiwiteit > Sport > Rugby of gebruik hierdie skakel:

https://drive.google.com/open?id=1scaQAIaYyp8NGHaE4hTwa6bppoLX7ZtU0SLmEWCSBb0

Organiseerder: Pierre Slabbert Selnommer: 083 708 4288

RUGBY

Rugby as sport, vorm ‘n belangrike opvoedingsmedium in die omvattende opvoeding van ons kinders. Laerskool Menlopark poog om ‘n gesonde menseverhoudings, spangees, sosiale interaksie en ‘n gesonde wen-verloor ingesteldheid te kweek by ons spelers.

Sportorganiseerders en afrigters is primêr verantwoordelik vir die onderskeie spanne en spelers. Deur deelname probeer ons ‘n liefde vir dié sport ontwikkel en dié seuns toe te rus met die nodige vaardighede.

Afrigters

O/9A Mnr. Cobus Cloete O/9B Mnr. Cobus Cloete O/10A Mnr. Tommie Rademeyer O/10B Mnr. Juan Venter O/11A Mnr Pieter Botha 3 de Span Mnr. André Seymore 2de Span Mnr. Louis van der Merwe 1 ste Span Mnr. Sybrand van Dyk en Mnr. George Prinsloo

Kleredrag

Rugbytruie word deur die skool aan die seuns voorsien. Swart rugbybroeke moet self aangekoop word.

Oefentye

O/9 B-veld Ma en Wo 15:00-16:00 Di en Do 14:00-15:30

O/10 A-veld Ma en Wo 15:00-16:00 Di en Do 14:00-15:30

O/11 B-veld Ma en Wo 16:00-17:00 Di en Don 15:30-17:00

0/13 A-veld Ma en Wo 16:00-17:00 Di en Do 15:30-17:00

Deelname

Liga (A & B spanne) Skole: Villeria Anton van Wouw Tygerpoort Lynwood Magalieskruin Midstream College Datums van wedstryde word in Menlo Weekliks vervat.

Super 12 Slegs A-spanne

Toere Onderskeie spanne toer gedurende die April vakansie.

Registrasie van spelers Spelerskaarte is geldig vir ‘n tydperk van 3 jaar. Alle spelers moet by BBRU geregistreer wees.

Rugbybeleid

menlolaer@menlolaer.co.za> klik op Sport-> klik op Beleide en gaan na Rugby.

Organiseerder

Mnr. Francois van Biljon E-pos: bemarking@menlolaer.co.za

ONS ONDERSTEUN GRAAG

“Die organisasies betaal vir die advertensiespasie. Laerskool Menlopark distansieer hulle van enige opinies of gedrag wat deur die
adverteerders gehuldig mag word en teenstrydig is met die etos en kultuur van Laerskool Menlopark”

.