Swem

Laerskool Menlopark neem in die eerste en vierde kwartaal deel aan die swemliga. Ons neem ook aan “Friendly Friday” gala’s op Vrydae deel waarin ons poog om die eerste 6 swemmers in elke kategorie ‘n kans te gee om deel te neem.

Swemmers oefen twee maal per week gedurende die swemseisoen op Dinsdag en Donderdag by Hoërskool Menlopark.

Daar is verskillende oefengroepe:

  • Beginners: o/7- en o/8-swemmers
  • Nie-beginners: Enige swemmers 0/9 – 0/13
  • Swemspan: Gekies vanaf interhuis uitslae en neem deel aan gala’s


Let asseblief op die datums en tye van die swemoefeninge.  Die swemtye mag verskil as gevolg van die beskikbaarheid van die swembad.  Ons oefen by Hoërskool Menlopark (ingang vanaf Rosemary straat).

Afrigters

Beginners: Lianda Kruger

Nie-beginners en swemspan: Gideon du Toit (Players swemskool)

Oefentye:

Beginners:        Dinsdae en Donderdae 14:00-14:30

Nie-beginners: Dinsdae en Donderdae 14:00-15:00

Swemspan:       Dinsdae 06:30-07:00

Kontakbesonderhede:

Me. Cindy Muller

swem@menlolaer.co.za

Volgende aan die gebeur:

Prestasies: